Sowat 260 000 hektaar by Karasburg afgebrand

Die boere in die gebied van Karasburg doen steeds ‘n dringende beroep op gemeenskapslede om te help met die reuse-brand wat sedert Dinsdag in die gebied woed. Volgens Hanlie van Ginkel van die omgewing, is sowat 260 000 hektaar reeds afgebrand. Sy sê veral komberse, goiingsakke, water en diesel is dringend nodig. Van Ginkel deel die boere se nood aan Kosmos 94.1 Nuus.