Gautengse LUR vir finansies sit sy planne uiteen

Die nuut aangestelde Gautengse LUR vir finansies, Jacob Mamabolo, het die planne vir sy portefeulje uiteengesit. ‘n Deel van sy strategie sluit die verwydering van die e-tol-stelsel in. Die premier, Panyaza Lesufi, het Mamabolo opdrag gegee om seker te maak hy kom met ‘n duidelike plan vorendag om die omstrede stelsel te skrap. Mamabolo sê sy departement is ook op soek na maniere om inkomste te verhoog.