Formele borgaansoek volgende week vir Gftn-boerin

Jan Wessels, die regsverteenwoordiger van die 65-jarige kommersiële boervrou, Magriete Wilhelm, gaan binnekort ‘n formele bortogaansoek vir haar in die hof bring. Dit volg nadat sy nie Donderdag borgtog in die Otavi-landdroshof gekry het nie. Sy bly in aanhouding in die Otavi-polisie se aanhoudingselle. Sy is verlede week Woensdag in hegtenis geneem nadat sy op haar plaas, Fokshof, ongeveer 100 kilometer buite Grootfontein, die 31-jarige Sakaria Kaandje doodgeskiet het. Die Namibiese polisie sê die nadoodse ondersoek toon dat hy drie keer in die kop geskiet is en het ook kopbeserings opgedoen. Wilhelm het verlede week Vrydag reeds verskyn en haar saak is tot 5 April uitgestel. Wessels gesels Kosmos 94.1 Nuus …