Bafana teleurgesteld oor doellose wedstryd

Bafana Bafana word beskuldig hulle het waardevolle kanse voor die doelhok verbrou toe hulle gisteraand teen Guinee-Bissau in België gelykop gespeel het sonder dat enige van die twee spanne ‘n doel kon aanteken. Die nasionale span het vir die eerste keer in tien jaar in Europa gespeel. In die afwesigheid van die beseerde Percy Tau en Bongokuhle Hlongwane wat laat by die span aangesluit het, het Bafana ‘n gebrek aan doelskieters gehad. Bafana kom Dinsdag teen die wêreldkampioen Frankryk te staan.