Foakes en Stokes straf Protea-boulers

Krieket: Sarel Erwee op tien en Dean Elgar op agt hervat vandag Suid-Afrika se tweede beurt op die derde dag van die tweede toets teen Engeland op Old Trafford. Die tuisspan het die Protea-boulers gestraf met Ben Foakes wat ‘n onoorwonne 113 aangeteken het en Ben Stokes wat sy eerste honderdtal as kaptein behaal het. Dit het Engeland in staat gestel om op 415 vir nege te verklaar met ‘n voorsprong van 264. Erwee en Elgar het die laaste paar boulbeurte van die dag oorleef en Suid-Afrika se tweede beurt-telling tot 23 sonder verlies opgestoot. Hulle het ‘n agterstand van 241 lopies.