33 miljoen deur vloede in Pakistan geraak

Die Pakistanse minister vir die klimaat, Sherry Rehman, het bevestig meer as 33 miljoen mense is geraak deur die onlangse vloede wat die land getref het. Rehman sê Pakistan ervaar sy agtste moesson-siklus. Die minister sê sedert Junie is meer as 900 mense in moessonreën en oorstromings dood en meer as 400 000 huise is regoor die land vernietig. Rehman sê bykomende internasionale hulp is nodig.