FNB Namibia is Bank van die Jaar 

Die Banker-tydskrif het FNB Namibia aangekondig as die wenner van die 2022 Bank van die Jaar Namibië by ‘n seremonie wat in Londen, in Brittanje gehou is. Die gesogte toekennings het ten doel om uitnemendheid in die internasionale bankgemeenskap te beloon en te bevorder. Internasionale beoordelaars kies slegs een wenbank vir elke land wat die gesogte toekenning wen. Dit is die tiende keer dat FNB Namibië as die wenner aangewys is.