Blitsbokke weer op wenpad by Dubai Sewes

Rugby: Suid-Afrika het weer op die wenpad gekom met ‘n oortuigende oorwinning van 27-12 oor Kenia nadat hulle teen Brittanje verloor het in hulle eerste groepswedstryd van die Dubai Sewes. Die Blitsbokke het vanoggend 14-5 teen die Britte verloor en is daarmee hul 19 oorwinnings op ‘n streep in vorige toernooie kwyt. Hulle het egter vyf drieë teen Kenia gedruk, waaronder een deur die nuweling, Ricardo Duarttee, terwyl Kenia met net twee drieë kon antwoord. Die Blitsbokke speel vanaand hul laaste groepswedstryd teen die verdedigende reeks-kampioen, Australië.