Namibië het ook ‘n tekort aan ambulanse

Namibian Marshal Ranger Sean Naudé het gereageer op die DA wat sê Suid-Afrika het ‘n tekort aan 3 401 ambulanse. Van die 3 342 ambulanse wat die land wel het, kan 750 tans nie gebruik word nie weens ‘n gebrek aan onderhoud of skade weens botsings. Naude sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy het juis ‘n ambulansdiens in Namibië begin weens ‘n gebrek aan ambulanse in die staatsgesondheidsektor.