Fix my ride… op pad na jou toe op Kosmos 94.1 met Cymot

Daar’s ‘n geleentheid vir bestuurders regoor die land saam met Kosmos 94.1 en Cymot. Fix my ride is ‘n nuwe inisiatief waar daar weekliks op Roadwatch ‘n motoris wat bystand nodig het om sy motor padvaardig te kry, gehelp sal word, mits daar geen uitstaande boetes is nie. Cymot bied ‘n koopbewys van 3 000 dollar aan vir die motoris wat Francois Lottering sal identifiseer.

Maar dis nie al nie. Gaan lewer kommentaar op Cymot se Facebook-blad oor hoekom jy bygestaan moet word. Cymot gee een keer per maand vir een van die Facebook-gebruikers, ook 3 000 dollar in koopbewyse weg.