FIMA-onttrekking bewys weereerns GRN moet luister na insette

Reaksie word ontvang op berigte dat die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, die Wet op Finansiële Instellings en Markte, bekend as FIMA, onbepaald uitgestel het. Dit sou op 1 Oktober in werking getree het maar, dit is eers op ys geplaas. Volgens Eben de Klerk van die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging is dit goeie nuus maar toon weereens, dat die regering sal moet begin luister na die insette van die bedryf wanneer hulle wetgewing optrek.