Fitch het kommer oor SA se vermoë vir fiskale konsolidasie

Die graderingagentskap Fitch het die ANC-regering se vermoë bevraagteken om fiskale konsolidasie toe te pas, sou inkomste-voorspellings teleurstel en ander fiskale risiko’s na vore kom. Die agentskap het gereageer op die buurland se begroting vir 2022 – 2023. Jan Friederich van Fitch sê die begroting bevestig sterker belastinginkomste het tot ‘n verbetering in openbare finansies gelei, maar voortdurende verbreking van bestedingsplafonne toon daar is probleme om uitgawes te beperk. Friederich sê ‘n meer volhoubare oplossing vir Suid-Afrika se fiskale uitdagings in ‘n moeilike maatskaplik-ekonomiese konteks sal ‘n aansienlike versnelling in ekonomiese groei vereis.