Duisende vlug Kiëv, ander bou voorrade op

Verkeersknope kom regoor Kiëv in die Oekraïne voor soos duisende mense die stad probeer vlug na Russiese magte die land aangeval het. Ander het weer in lang rye gestaan om kontant te trek en voorrade aan te vul. Tekens van senuweeagtigheid was oral sigbaar namate vliegtuie oorhoofs gevlieg het, ontploffings gehoor is en die noodsirene wat vanoggend afgegaan het. Na weke se waarskuwings het vanoggend se inval meeste van die stad se 3 miljoen inwoners onkant gevang.