Fishrot-sake saamgevoeg

Die twee Fishrot-sake sal saamgevoeg word. Dit is die beslissing van regter Christie Liebenberg. Die saak sal nou as een saak verhoor word. Liebenberg sê die herhaling van getuienis, veral omdat die sake verbind is, sal nie tot voordeel van die verdagtes of geregtigheid wees nie. Net die voormalige minister van visserye, Bernhardt Esau en sy skoonseun Tamson Hatuikulipi het nie die aansoek teengestaan nie.