Beleggings: ons kan nie voorbly nie, sê Kandjoze

President Hage Geingob is tans besig met sy perskonferensie na afloop van sy besoek aan New York met die 76ste sessie van die VN se Algemene Vergadering. Geingob hou groen waterstof-energie voor as die klem vir energiebronne in Namibië en die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie Obeth Kandjoze sê daar is soveel belangstelling, hulle kan nie voorbly nie.