Eskom bevuil meer as hele VSA, of China, of EU

Eskom stel meer swaelsuur vry as die hele China, of die hele VSA of Europa. ‘n Onafhanklike navorsingseenheid, die Sentrum vir Navorsing op Energie en Skoon Lug het data van die buurland se kragvoorsiener vir die 2019-2020 finansiële jaar ontleed. Eskom se woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê die maatskappy is bewus van sy verpligtinge en beplan om nul-uitlatings teen 2050 te bereik maar voeg by om die regte tegnologie te installeer sal net vir die Medupi-kragstasie 40 miljard Namibiese dollar kos. Eskom stel 1,7 miljoen metrieke ton swaelsuur per jaar vry teenoor die 900 000 metrieke ton van die VSA en China elk, of die 600 000 metrieke ton wat in Europa vrygestel word. Die ANC-regering het vroeër gesê hy wil baie graag sy klimaatsverpligtinge nakom maar kort finansiële hulp van die buiteland.