Fishrot: mense moet die strate invaar, sê Swartbooi

Die Fishrot-saak behoort Namibiërs te verenig en behoort lede van die publiek te mobiliseer om protesoptogte te hou. Dit is die mening van Bernadus Swartbooi, leier van die Landless People’s Movement. Hy sê dat Namibiërs, vanaf Oshakati tot by Noordoewer, moet die strate invaar en eis dat Swapo uittree as gevolg van wat hy as verskanste korrupsie beskryf. Hy sê dit sal die sterkste beklemtoning van demokrasie wees. Hy voeg by dat alle opposisiepartye eintlik saam moet staan en ‘n hofgeding bring, veral met die aantygings wat Mike Nghipunya, een van die Fishrot-beskuldigdes en voormalige hoof van Fishcor, in die hof gemaak het oor Swapo se ontvangs van 44 miljoen Namibiese dollar in visvangkwotas. Hy sê die kwessie Rashid Sardarov se toekenning van grond by Dordabis is ook ‘n goeie voorbeeld.