Swakker All Blacks draf môre teen Italië uit

Sam Cane sal môremiddag ‘n swakker as gewoonlike Nieu-Seelandse span teen Italië lei. Hulle gaan in Rome probeer om hul onoorwonne rekord teen die Azzurri te behou. Afskoptyd is om drie-uur Suid-Afrikaanse tyd. Richie Mo’unga is terug op losskakel nadat Beauden Barrett verlede naweek sy 100ste wedstryd gespeel het toe die All Blacks vir Wallis in Cardiff met 54-16 platgevee het. Italië het nie ‘n amptelike wedstryd gespeel sedert die Sesnasies in Maart waar hulle al hul wedstryde verloor het nie.