Numsa reël nog ‘n staking

Die Suid-Afrikaanse vakbond Numsa het ‘n kennisgewing op die KwaZulu-Natalse Raad op Dobbelary en Wedrenne bedien, om hom in kennis te stel dat sy lede met ‘n staking gaan begin weens ‘n dooiepunt in salarisonderhandelings. Die raad reguleer onder meer die bedrywighede van casino’s, bingo-bedrywighede, ondernemings van beroepswedders, en renbaanoperateurs. Werknemers van die raad het nie verlede jaar ‘n verhoging ontvang nie. Die vakbond se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle eis egter dié jaar ‘n algemene verhoging van 5,5 persent: