Fishrot-borgaansoek hervat vandag

Ses van die Fishrot-verdagtes se borgaansoek hervat vandag voor regter Shafimane Ueitele in die hoërhof. Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Pius Mwatelulo, Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi bring die aansoek. Luidens berigte sê die groep die ondersoek na die omkoopskandaal is afgehandel en hulle meen die staat kan moontlik met getuies inmeng. In hul stukke sê hulle ook hulle het nie genoeg geld om die land te verlaat nie en daarom is daar geen risiko dat hulle landuit sal vlug nie. Die verhoor begin om tien-uur.