Afrikaans bly belangrik op Moedertaaldag

Internasionale Moedertaaldag word vandag wêreldwyd herdenk. Unesco wil bewustheid oor kulturele diversiteit en meertaligheid bevorder. Alhoewel Engels die amptelike taal in Namibië is, word ander inheemse moedertale weens die kulturele diversiteit in die land gepraat en gerespekteer. Die voormalige ombudsman, John Walters, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die belangrikheid van Afrikaans.