Finkenstein se bosmark word vandag gehou

Die gewilde bosmark vind vandag weer by Finkenstein buite Windhoek plaas. Daar is baie dinge om te doen en lekker eet en drinkgoed vir die hele familie. Dit het pas begin en duur tot twee uur vanmiddag, maar daar is nog ‘n lekker kuiergeleentheid tot ses uur vanaand by die rivier.Birgit Von Ludwiger die organiseerder van die bosmark het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.