Hof beslis oor Mugabe se oorskot

‘n Landdros in Chinhoyi in Zimbabwe het die Mugabe-gesin se appèl teen ‘n tradisionele hofuitspraak vir die opgrawing van oudpresident Robert Mugabe van die hand gewys. Drie van Mugabe se kinders het ‘n bevel van die tradisionele hoof dat sy liggaam opgegrawe en herbegrawe word by die Helde-akker in Harare uitgedaag. Mugabe, wat in 2019 op die ouderdom van 95 gesterf het, het geweier om daar begrawe te word uit vrees dat sekere individue, veral sy politieke teenstanders, sy oorskot sal steel en dit in tradisionele rituele gebruik.