ANC-lede betoog by die party se hoofkantoor

‘n Groep ANC-lede van Tshwane het buite die regerende party se hoofkantoor, Luthuli-huis, in Johannesburg, betoog. Hulle voer aan van die name is onwettig op die lys van kandidate vir die komende regerings-verkiesings geplaas. Die groep dring aan op ‘n ondersoek deur die ANC se nasionale uitvoerende komitee. Die media berig die ANC het Dinsdag onderneem om alle geskilpunte oor kandidate voor vandag op te los.