PDM sê jeug se werlkloosheidskrisis moet aangespreek word

Die Popular Democratic Movement sê Namibië se jeug het dringend bystand nodig. Daar is volgens die party ‘n werkloosheidskrisis onder die jeug en daar moet weggedoen word met bepaling dat ervaring nodig is vir intreeposisies. Die party se LP Inna Hengari sê verder dat ‘n diens vir werkverskaffing vir die jeug geskep moet word. Die diens sal jeug vir 12 maande in poste plaas sodat hulle ervaring kan opdoen. Die kwaliteit van beroepsopleiding moet aangespreek word en studente in die studielyn moet ook finansiële opleiding ontvang.