Finansiële Intelligensiesentrum het skoon oudit

Die Bank van Namibië het vanoggend die 2020-2021 jaarverslag van die Finansiële Intelligensiesentrum bekendgestel. Die sentrum, wat een van die belangrikste instansies in die land is wanneer dit kom by die monitering van transaksies tussen bankrekenings, het ‘n skoon oudit ontvang. Zenobia Barry, die adjunk direkteur van regsbeleid en toepassing by die sentrum.