Zim-motor volgende maand plaaslik beskikbaar

Reaksie word ontvang op berigte dat die Mureza Prim8, ‘n bekostigbare voertuig wat deur ‘n Zimbabwiese maatskappy in Suid-Afrika vervaardig word, volgende maand plaaslik beskikbaar sal wees. Die voertuig verkoop vir 196 000 rand in Suid-Afrika en is volgens berigte deur Tendai Mugofa geskep om aspekte van Afrikanisme, wat duursaamheid, aanpasbaarheid en oorspronklikheid insluit, uit te beeld. Die Zimbabwiese ekonoom John Robertson het sy reaksie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.