Covid: dit gaan baie beter in gevangenisse

Berigte uit Suid-Afrika lui dat Covid-gevalle skerp toeneem in gevangenisse in die land. In Namibië is maatreëls reeds verslap en die verbod op gevangenes om fasiliteite te verlaat vir hofverskynings is reeds gelig. Besoeke word ook toegelaat. Die hoof van die sentrale personeeldirektoraat by die Namibiese Korrektiewe Diens, kommissaris Sam Shalulange sê hulle uitdaging is by die personeel, nie die gevangenes nie.