FIMA: Namfisa konsulteer steeds

Die Namibiese finansiële toesighoudende-owerheid, bekend as Namfisa, se raad van trustees sê hy raadpleeg steeds waar nodig, oor die bepalings van die  nou omstrede FIMA-wetgewing. Konsultasies sal gehou word sodra voldoende vordering met die hervormingsprojek van FIMA gemaak is, aangesien die regulasie wat vereis dat lede 75% van hul pensioen tot aftree-ouderdom moet spaar, steeds in ‘n konsepvorm is. Die raad voeg by dat die fonds se hervormingsprojek reeds in Januarie begin het en dat sy eie bestuursbeginsels vir beste praktyke op die projek toegepas sal word om ‘n aanvaarbare en redelike oorgang te verseker. Lede word aangemoedig om die jaarlikse lede-inligtingsessies wat gewoonlik vir Junie of Julie geskeduleer is, by te woon en daaraan deel te neem maar ook om te verseker dat pensioenspaargeld groei om ‘n inkomste te verseker by aftrede.