Nam-elite maak alleen besluite – geen jeug betrokke nie

Namibiese jeug is nie betrokke by enige besluite rakende die ekonomie van die land nie. Dit is reeds ‘n geruime tyd ‘n klagte van verskeie drukgroepe regoor Namibië en hulle meen dat daar ook nie na eise van die jeug gehoor gegee word nie. Michael Mwashindange van die Independent Patriots for Change-party se jeugliga sê ‘n handvol verouderde elite politici maak die besluite en daar is geen voordeel vir die meerderheid nie.