Teel (en red) koraalriwwe)

Wetenskaplikes het ‘n bedreigde koraalspesie suksesvol geteel as deel van ‘n projek wat hoop om beskadigde riwwe langs die kus van Florida te herstel wat deur ‘n relatief nuwe siekte bedreig word. Riwwe in Florida en die Karibiese Eilande staar toenemende bedreiging van vernietiging in die gesig deur die steenkoraal weefselverlies-siekte wat koraal van sy kleur en uiteindelik sy lewe heeltemal stroop. Die Florida Coral Rescue Centre het die afgelope paar weke honderde nuwe koraal van ‘n spesie genaamd growwe kaktus-koraal geteel by ‘n 185 vierkante meter fasiliteit. Dit bring die moontlikheid om korale to propageer om terug te sit in die natuur. Die siekte is die eerste keer in 2014 naby Miami bevestig en het teen 2017 versprei na amper al Florida se koraalriwwe.