Fifa kry nog N$1,5 miljard in vergoeding

Die Amerikaanse Departement van Justisie het beslis die wêreldbeheerliggaam, Fifa, gaan nog 1,5 miljard Namibiese dollar in vergoeding ontvang vir verliese wat in wêreldwye korrupsieskemas gely is. Die departement het verlede jaar aangekondig die sokkerliggaam gaan meer as 3,3 miljard Namibiese dollar in vergoeding ontvang. Die departement het sy ondersoek na korrupise in 2015 begin. Dit het gelei tot aanklagte van omkopery en terugbetalings teen meer as 50 persone en maatskappye van meer as 20 lande, wat met media- en bemarkingsregte verband hou.