Jagluiperd speelboom kan beduidende rol in mens-dierkonflik speel

Mens-dierkonflik is ‘n baie groot uitdaging, nie net in Namibië nie, maar regoor die wêreld waar wilde diere naby gemeenskappe of op landbou-grond woon. Nou het ‘n span navorsers bevind dat die sogenaamde speelboom van die jagluiperd ‘n beduidende rol kan speel om die voorkoms van konflik tussen die diere en boere te verminder. Jagluiperds met nekbande is noukeurig gevolg en hul beweging in en om die speelbome is gemonitor. Spesifieke individue besoek net spesifieke speelbome en die territorium tussen die bome, oorvleuel nie en is geskei van mekaar. Daar is bevind as kudde, in die kalfseisoen, nie in die nabyheid van speelbome wei nie, dan benut jagluiperds natuurlike prooi en predasie op kalwers daal drasties. Die bevindings impliseer dat in die jagluiperd-stelsel, is daar “probleemareas”, eerder as “probleem individue”.