Aanvalle in Russiese stad naby Oekraïne is ‘karma’

Separatiste in Ooste van die Oekraïne sê die stad Lysychansk ‘onder beheer’, maar nie heeltemal van die Oekraïne bevry nie. Intussen is minstens drie mense is dood en infrastruktuur beskadig in die Russiese stad Belgorod naby die grens met die Oekraïne. ‘n Hele aantal ontploffings het in die stad van byna 400 000 sowat 40 kilometer noord van die grens met Oekraïne voorgekom. Minstens 11 woonstelgeboue en 39 huise is beskadig, insluitend vyf wat vernietig is. Die Oekraïne word daarvan beskuldig en ‘n senior Russiese wetgewer Andrei Klishas sê die dood van burgerlikes en die vernietiging van burgerlike infrastruktuur in Belgorod is ’n direkte daad van aggressie aan die kant van die Oekraïne en vereis die strengste militêre reaksie. Die Oekraïne het nie verantwoordelikheid aanvaar nie, maar het die voorvalle beskryf as “karma” vir Rusland se inval.