Fietsryers hou herinneringsrit

Die Namibiese Fietsry-federasie het saam met die Motorvoertuig-ongelukkefonds ‘n herinneringsrit op die Westelike Verbypad gehou ter ere van pad-ongelukslagoffers wat op Namibiese paaie gesterf het. Die tema was “Geregtigheid”. Die federasie sê geregtigheid moet geskied vir die onskuldige slagoffers wat hul lewens verloor het terwyl hulle fiets gery het. Die geleentheid is deur die adjunkminister van vervoer Veikko Nekundi bygewoon. Die president van federasie Axel Thiessen sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is ‘n paar sake wat deur die Namibiese polisie opgevolg moet word.