Israeliese voortvlugtige verskyn vandag in Gauteng

‘n Israeliese voortvlugtende wat verlede week in Gauteng in hegtenis geneem is, moet vandag terugkeer na die Landdroshof in Randburg. Israel wil hê die 46-jarige man moet uitgelewer word om verhoor te word op aanklag van moord en poging tot moord. In Suid-Afrika staan hy en sewe medebeskuldigdes tereg op aanklag van die besit van dwelms, onwettige vuurwapens en ammunisie. Die Nasionale Vervolgingsgesag het gevra sy identiteit moet nie nou al bekend gemaak word nie. ‘n Woordvoerder, Phindi Mjonondwane, sê verlede week se verrigtinge is weens veiligheidsredes agter geslote deure gehou: