Mbasogo wil weer staan, is reeds 43 jaar president

Die wêreld se langsdienende president het hom weer verkiesbaar gestel om sy heerskappy van 43 jaar in Ekwatoriaal-Guinee voort te sit. Die 80-jarige President Teodoro Obiang Ngueme Mbasogo staan aan die hoof van ‘n regime wat gekenmerk word deur beweerde menseregteskendings, insluitend martelings en verdwynings. Sommige opposisiekandidate staan ook, maar hulle het min kans. Internasionale media sê die president het ‘n sterk greep op die olieryk nasie met familielede in sleutel regeringsposte.