Fergie sal in Andrew se saak betrek word

Daar is ‘n interessante verwikkeling in die saak van Virginia Guiffre teen prins Andrew. Volgens stukke voor die hof sê Andrew dat dit onmoontlik was dat hy haar kon mishandel het op 10 Maart 2001, eenvoudig omdat hy by sy kinders was omdat sy eks-vrou Sarah Ferguson, uitstedig was. Hy sê hulle het pizza geëet. Maar getuies stem saam met Guiffre se stelling dat Jeffrey Esptein haar aan Andrew by ‘n nagklub in Londen voorgestel het. Fergie sowel as haar kinders en dié getuies word nou deur Guiffre se regspan gevra om te getuig. Maar, omdat dit saak in New York is, is die getuies nie onderhewig aan enige dagvaarding wat in die VSA uitgereik is nie en hoef dus, nie voor die hof te verskyn nie. Op die stadium is dit nie bekend of hulle hul samewerking aan die New York-hof sal bied nie. Andrew en Fergie is in 1996 geskei. Hulle het twee dogters, prinsesse Beatrice en Eugenie.