Fisiese aankope: Verbruikers ag die ‘ervaring’ as belangrikste

Die jongste tendense in Suid-Afrika toon dat aanlynaankope tydens die pandemie skerp toegeneem het. Dit is ook die geval regoor die wêreld en daarom het winkels en inkopiesentrums uitdagings om verbruikers na hul persele te lok. Navorsing na verbruikers se voorkeure dui aan dat die estetiese ervaring van inkopies uiters belangrik is. Dit wil sê, die ervaring van inkopies is die belangrikste aspek om verbruikers te lok. Volgens Ulana van Biljon van die Suid-Afrikaanse eiendoms beleggingstrust Emira, ag verbruikers die gevoel wat hulle kry wanneer hulle in ‘n winkel in stap, as die belangrikste aspek van ondersteuning. Inkopiesentrums en winkels word aangeraai om hulle navorsing in die verband te doen en die ervaring wat verbruikers soek, te bied. Volgens Van Biljon is dit ‘n baie opwindende tyd vir die bedryf.