Februarie-besoekers vertoon nie so goed nie

Die Gasvryheidsvereniging sê daar was net meer as 48 440 kamers gedurende Februarie beskikbaar vir besoeker, die meerderheid in die noordelike dele van die land. Die nasionale besettingsyfer vir hierdie kamers was 36,4 persent, wat laer is as die 2019-besettingskoers van 41 persent. Die sentrale gebied het die hoogste besettingsyfer op 53,5 persent gehad gevolg deur kusgebiede op 40,6 persent, en die noordelike en suidelike gebiede op onderskeidelik 31 en 32 persent onderskeidelik. Benewens die kamers was daar 100 940 beddens beskikbaar landwyd, met ‘n besettingskoers van slegs 31,7 persent.