Families sukkel sedert Feb. 2016 om oorskot van familie by myn te kry

ActionSA se leier, Herman Mashaba, het naby Barberton in Mpumalanga aan ‘n nagwaak deelgeneem saam met familielede van mynwerkers van die Lily-myn. Dit is vandag die 1 000ste dag sedert die families van drie vasgekeerde mynwerkers buite die Lily-myn begin kamp het terwyl hulle eis dat die liggame verwyder word. Die drie het in ‘n vraghouer ondergronds gewerk toe die myn in Februarie 2016 ingestort het. Mashaba sê dis verstommend dat die houer nou nog nie uitgehaal is nie en niemand aanspreeklik gehou word nie: