Die klimaat en die ekonomie: So staan sake plaaslik

Reën is die één ding in Namibië waarvoor alle Namibiërs wens. Dit is broodnodig, veral as dit tyd is vir akkerbouers, veral vir tradisionele boere, om gewasse te begin plant. Die gevolge van klimaatsverandering het reënpatrone verander wat weer boere dwing om hul tradisionele produksie te verander. Daar is talle debatte, maar wat is werklik die impak van klimaatsverandering op die ekonomie? Ekonoom Gabriel Erastus het sy mening so verwoord.