Na 30 operasies is renosterbul weer vrygelaat

‘n Tienjarige renosterbul waarvan die horing op wreedaardige wyse afgekap is, is in die natuur vrygelaat na 30 operasies om die kaphoue aan sy kop te herstel. Nuusagentskappe berig reddingswerkers het die renoster Sehawukele gedoop wat beteken “God wees genadig”. Die erg-beseerde Seha is deur die polisie naby ‘n heining gevind en hy was so vermink dat hy skaars kon eet of hoor. Die polisie het die hulp van ‘n wildveearts John Marais, ingeroep. Marais bestuur ‘n rehabilitasie-sentrum genaamd Saving the Survivors. Renosters wat aanvalle deur stropers oorleef het, word by die sentrum gerehabiliteer.