Eurowings land oormôre by Hosea Kutako

Die eerste Eurowings Discover vlug kom Woensdagoggend vroeg by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe aan. Eurowings vorm deel van die Lufthansa-groep. Dan Kamati, woordvoerder van die Namibiese Lughawensmaatskappy, sê daar is hoop dat besoeker-getalle sal toeneem.