Ontploffing by Medupi – niemand beseer nie

Eskom het bevestig ‘n ontploffing het gisteraand by sy Medupi-kragstasie in Limpopo voorgekom. Niemand is beseer nie, maar sewe werknemers moes vir skok behandel word. Die kragvoorsiener sê in ‘n verklaring die voorval het vermoedelik daartoe gelei dat eenheid 5 uitgesny het. Alle werk aan die eenheid is onmiddellik gestaak en alle permitte vir werk aan die aanleg is ook tot verdere kennisgewing opgeskort. Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê die gebied is afgesper en ‘n inspeksie sal begin sodra dit veilig verklaar is: