SA-vrouedag: Covid het grootste impak of vroue gehad

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa sê hy salueer alle vroue terwyl hy dink aan die dapper vroue van die anti-apartheidstryd wat op 9 Augustus 1956 in hulle duisende betoog het teen die dompas-stelsel. Die buurland herdenk vandag Nasionale Vrouedag. Die vakbond se adjunkpresident Ruth Ntlokose sê dis steeds vroue wat die grootste impak van Covid voel.