Europol lê kartel lam, kry 30t kokaïen

‘n Groot super-dwelmkartel is volgens Europol lamgelê. Volgens owerhede het die kartel ‘n derde van Europa se kokaïenhandel beheer. ‘n Totaal van 49 mense in verskeie lande is in hegtenis geneem, insluitend ses hoofverdagtes in Dubai. Die reuse-operasie het beslag gelê op 30 ton kokaïen en het gelei tot arrestasies in België, Frankryk, Nederland en Spanje. Die dwelms is hoofsaaklik vanuit Suid-Amerika deur die hawens van Rotterdam en Antwerpen in Nederland ingesmokkel.