Geslagsgeweld is uiters belangrik, groot prioriteit – Cyril

President Cyril Ramaphosa sê om betekenis te gee aan 16 Dae van Aktivisme vir Géén Geweld teen Vroue en Kinders, moet daar met die mans van Suid-Afrika dialoog gevoer word oor hul verantwoordelikheid teenoor vroue en wat hy beskryf as toksiese manlikheid. Tussen Julie en September vanjaar is 989 vroue en 500 kinders vermoor. In sy weeklikse nuusbrief sê Ramaphosa dis mans wat dié geslagsgewelds-dade pleeg en dit is daarom die máns wat moet verander. Hy sê die uitwissing van geslagsgeweld is nie minder belangrik as ander dringende sake nie.