Europa, VSA reik saam verklaring uit teen Hamas

Die leiers van Amerika, die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Italië en Duitsland het in ʼn gesamentlike verklaring gesê die terrorisme van Hamas-militante het geen regverdiging en geen regmatigheid nie, en moet universeel veroordeel word. Die verklaring volg ná ʼn telefoonoproep tussen Amerika se president Joe Biden, die Verenigde Koninkryk se eerste minister Rishi Sunak, Frankryk se president Emmanuel Macron, die Italiaanse eerste minister Giorgia Meloni en Duitse kanselier, Olaf Scholz. Die leiers sê hulle onderskeie lande sal Israel ondersteun in sy pogings om homself en sy mense teen sulke gruweldaad te verdedig.