Britte moenie kommer hê oor Franse weeluise nie, hulle het hul eie

Die Franse weeluise bly in die nuus. Parys sukkel op die oomblik met ‘n uitbreking en daar is kommer oor volgende jaar se Spele. Oorkant die Kanaal, is Britte blykbaar bekommerd dat die Eurostar-treindiens die plaag na hulle toe kan oorbring. Maar, die Britse molekulêre bioloog David Cain sê Londen het ook ‘n weeluisprobleem en die kom lank voor Frankryk se uitdagings.